Sedgefield
Sedgefield (voorheen Ruigtevlei genoem) is 'n dorpie geleë langs die Tuinroete tussen George en Knysna in die provinsie Wes-Kaap (Suid-Afrika). Die N2 nasionale pad gaan deur die dorpie.
Sedgefield | |
---|---|
Koördinate: 34°01′17″S 22°48′12″O / 34.02139°S 22.80333°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Tuinroete |
Munisipaliteit | Knysna |
Oppervlak | |
• Totaal | 7,85 km2 (3,03 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 8 286 |
• Digtheid | 1 056/km2 (2 740/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 42.8% |
• Indiërs/Asiërs | 0.3% |
• Bruin mense | 29.5% |
• Swart mense | 24.8% |
• Ander | 2.6% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 48.8% |
• Engels | 26.7% |
• Xhosa | 18.2% |
• Sotho | 1.2% |
• Ander | 5.1% |
Poskode (strate) | 6573 |
Poskode (posbusse) | 6573 |
Skakelkode | 044 |
Geskiedenis
wysigDie dorpie is in 1928 gestig toe die spoorlyn van George na Knysna voltooi is. Die dorpie se naam is ontleen aan die baie lappe biesiegras (sedge) in die omgewing.
Wapen
wysigSedgefield se munisipale raad het in 1980 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer : In blou, drie swemmende visse bo mekaar geplaas, en in die skildhoof twee golwende streepbalke, alles van silwer. Die helmteken was 'n visarend op 'n vis, en die wapenspreuk "Pax in aquis placidis".[2]
Eko-toerisme
wysig'n Reeks vleie maak die gebied ideaal vir eko-toerisme: Groenvlei, Langvlei, Rondevlei en Swartvlei. Laasgenoemde mond by Sedgefield uit in die see. Swartvlei het ontstaan toe die riviervallei deur die stygende seevlak oorweldig is, terwyl Rondevlei ontstaan het uit 'n kom wat deur die wind geskep en later deur water gevul is. Langvlei is 'n verdronke depressie tussen die duine. Gerickespunt is ook 'n bekende landmerk onder die vissersgemeenskap, op die strand, net wes van die monding van Swartvlei.
Sien ook
wysigBronne
wysig- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.