Maak hoofkeuseskerm oop

Die Derde divisie (tot 2016 Topklasse geheet) is die vierde vlak in die Nederlandse sokkerkompetisies en is semiprofessioneel.

Die Derde divisie is opgedeel in twee aparte kompetisies:

  • die Saterdag Derde divisie (vir spelers wat vanweë hulle geloofsoortuigings nie op Sondag mag speel nie).
  • die Sondag Derde divisie.

Die kampioene speel in Mei 'n dubbel-eindstryd vir die algehele amateurkampioenskap. Die kampioen skuif op na die Tweede divisie. Die nommers 14, 15 en 16 relegeer na die Hoofdklasse.

Klubs in die Saterdag Derde divisie 2016/17Wysig

Klubs in die Sondag Topklasse 2016/17Wysig

WennersWysig

Die wenners van beide Derde divisies ('Topklasse' tot 2016). Die wenner van die eindstryd tussen die Saterdag- en Sondagwenner is vetgedruk.

Seisoen Wenner Saterdag Dorp Wenner Sondag Dorp Telling Info
2011 IJsselmeervogels Spakenburg FC Oss Oss 2-0 & 2-0 FC Oss het na die Eerste divisie gepromoveer, omdat IJsselmeervogels nie wou promoveer nie.
2012 SV Spakenburg Spakenburg Achilles '29 Groesbeek 0-3 & 0-2 Daar is nie 'n span wat wou promoveer nie, dus het beide spanne in die Topklasse geblyf.
2013 vv Katwijk Katwijk Achilles '29 Groesbeek 0-0 & 3-0 Achilles '29 het na die Eerste divisie gepromoveer, vv Katwijk wou nie promoveer nie.
2014 SV Spakenburg Spakenburg AFC Amsterdam 4-1 & 2-3
2015 Kozakken Boys Werkendam FC Lienden Lienden 0-1 & 0-2
2016 Excelsior Maassluis Maassluis FC Lienden Lienden 2-0 & 2-3