FC Volendam
FC Volendam is 'n sokkerspan in die gelyknamige Nederlandse dorp. Die span speel in die Eerste divisie en speel sy tuiswedstryde in die Kras Stadion (kapasiteit: 7 400 sitplekke). Baie van die span se spelers kom ook self uit die dorp (al het die dorp net 22 000 inwoners). FC Volendam is nasionaal bekend omdat die span dikwels na die Eredivisie opskuif, maar dan weer vinnig na die Eerste divisie relegeer. Daardeur het hulle die bynaam Heen-en-weer gekry.
FC Volendam | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Volle naam | Football Club Volendam | ||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Stigting | 1 Junie 1920 | ||||||||||||||||||||||||||||||||
Tuisveld | Kras Stadion, Volendam | ||||||||||||||||||||||||||||||||
Kapasiteit | 7400 | ||||||||||||||||||||||||||||||||
Voorsitter | Henk Kras | ||||||||||||||||||||||||||||||||
Afrigter | Gert Kruys | ||||||||||||||||||||||||||||||||
Liga | Eerste divisie | ||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Erelys
wysig- Kampioen Eerste divisie (6)
- 1958/59, 1960/61, 1966/67, 1969/70, 1986/87, 2007/08
- (naaswenner (2): 1979/80, 1982/83)
- KNVB-Beker
- (naaswenner (2): 1958, 1995)