Detroit (rivier)
(Aangestuur vanaf Detroitrivier)
Die Detroitrivier (Engels: Detroit River, Frans: Rivière Détroit) is 'n rivier van 45 km tussen die St. Clair-meer en die Eriemeer en merk die grens tussen die deelstaat Michigan, Verenigde State, en Ontario, Kanada. Hierdie binnelandse waterweg behoort tot die besigstes van die wêreld.
Detroitrivier | |
---|---|
Die Detroitrivier in Detroit. | |
Ligging van die Detroitrivier in Noord-Amerika. | |
Oorsprong | St. Clair-meer |
Monding | Eriemeer |
Stroomgebied | Ontario, Kanada, en Michigan, Verenigde State |
Lengte | 45 km (28 myl) |
Oorspronghoogte | 175 m (574 voet) |
Mondinghoogte | 174 m (571 voet) |
Gemiddelde afloop | 1 813 m/s³ (700 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 5 324 (188 000 myl²) |
Ligging van die Detroitrivier in die Groot Mere-sisteem.
|
Die stad Detroit is geleë waar die Detroitrivier uit die St. Clair-meer vloei na die Eriemeer.