Diaspoor
Diaspore-md58a.jpg  
Formule AlO(OH) 
Onsuiwerhede Fe, Mn, Cr, Si 
Nickel-Strunz (10) 4.FD.10  
Kleur wit, bruin, kleurloos, ligte geel, pienk 
Glans glasagtig, pêrelagtig 
Kristalsisteem ortorombies[1] 
Ruimtegroep Pbnm 
Eenheidsel a = 4.4007(6) Å, b = 9.4253(13) Å, c = 2.8452(3) Å 
Diaspore Structure.png
* Lys van minerale

Diaspoor is 'n mineraal met die chemiese formule AlO(OH). Saam met gibbsiet en boehmiet is hierdie mineraal 'n belangrike komponent van bouksiet, die erts waaruit aluminium verkry word.[2]

Diaspoor en boehmiet is allotrope van AlO(OH) en diaspoor is termodinamies gesien die stabiele en boehmiet die metastabiele fase. Die oorgang van boehmiet na diaspoor is nogtans uiters traag. Dit is moontlik om boehmiet in 1M NaOH in teenwoordigheid van diaspoor-saadjies om te set, maar dit duur ongeveer 35 dae.[3]

KristalstruktuurWysig

Die ortorombiese kristalstruktuur van diaspoor bestaan uit vervormde AlO3(OH)3-oktaëders. Elke hidroksied-ioon vertoon waterstofbinding met 'n oksiedioon van 'n naburige AlO3(OH)3-oktaëder. Hierdie struktuur is 'n argetipe. 'n Ander mineraal wat hierdie struktuurtipe besit is goethiet.

FotogaleryWysig

VerwysingsWysig

  1. "mindat 1285" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020.
  2. Bauxites Ida Valeton, Elsevier, 2010, ISBN 0-08-086967-X, ISBN 978-0-08-086967-4, Hoofstuk 2
  3. Materials Science and Engineering Serving Society R.P.H. Chang, R. Roy, M. Doyama, S. Somiya, Elsevier, 1998, ISBN 0-08-053587-9, ISBN 978-0-08-053587-6