Dioptaas
Dioptaas | |
---|---|
Dioptaas | |
Formule | CuSiO3.H2O |
Nickel-Strunz (10) | 9.CJ.30 |
Kleur | smaraggroen, blouerig groen |
Streep | groen |
Glans | glasagtig |
Hardheid | 5 (Mohs) |
Digtheid | 3,28 -3,35 g/cm3 |
Optiese eienskappe | |
Dubbelbreking | eenassig(+) |
RI-waardes | nω = 1.652 - 1.658 nε = 1.704 - 1.710 |
Kristallografie | |
Kristalsisteem | romboëdries |
Ruimtegroep | R3 |
Eenheidsel | a = 14.566 Å, c = 7.778 Å |
* Lys van minerale | |
Portaal Geologie |
Dioptaas is 'n mineraal wat koper bevat. Dit is 'n siklosilikaat.
In Suid-Afrika word dit op verskeie plekke gevind, ssos in Vergenoeg-myn naby Pretoria, naby Christiana in Noord-Wes en in Aggeneys in Namakwaland. In Namibië is daar talle vindplekke soos die Tsumeb-myn in Oshikoto.[1]
Struktuur
wysigDioptaas is 'n siklosilikaat en bevat rimpelige trigonale ringe van ses silikaat-tetraëders wat afwissel met ringe van ses watermolekule wat 'n rimpelige ys-struktuur het. Die 6-lid-siklosilikaatringe word sydelings en vertikaal deur Cu2+-ione bymekaar gehou.[2] Hierdie paramagnetiese ione vorm 'n heliks langs die struktuur se c-as. Die magetiese struktuur is chiraal en wys onderkant 14,5K 'n antifermagnetiese ordening wat onder 'n uitwendige magneetveld van 13,5 T 'n sprong in die magnetisasie wys. Hierdie struktuur is met 29Si-KMR bestudeer. [3]
Dioptaas is termies stabiel onderkant 400 oC. Van 400 -730 oC ('n baie breë gebied) verloor dit sy kristalwater en vorm 'swart dioptaas' wat die anhidraat is:[2]
Verder verhitting veroorsaak ontbinding by omtrent 794 oC en 836 oC, waarby suurstof vrygestel word.
Verwysings
wysig- ↑ mindat 1295
- ↑ 2,0 2,1 Thermogravimetric analysis of the copper silicate mineral dioptase Cu6(Si6O18)·6H2O Ray L. Frost, Yunfei Xi Queensland University Australië
- ↑ Ground state of the spin-1/2 chain of green dioptase at high fields Kazuki Matsui, Masashi Fujisawa, Kenta Hagiwara, Yukihiro Hoshini, Takayuki Goto, Takahiko Sasaki, Hidekazu Tanaka,Susumu Okubo, Hitoshi Ohta 2013