Dirkie
Dirkie is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1969 deur Mimosa Films vervaardig en uitgereik is. Jamie Uys was die regisseur en sy seun, Wynand Uys, het die naamrol vertolk onder die naam Dirkie Hayes. Dit is in Engels bekend as Lost in the Desert en het in 1972 ’n prys op die Teheranse Filmfees gewen.
Dirkie | |
---|---|
Regisseur | Jamie Uys |
Produksieleier | Boet Troskie |
Draaiboek | Jamie Uys |
Met | Wynand Uys (as Dirkie Hayes), Jamie Uys, Wilhelm Esterhuizen, Pieter Hauptfleisch e.a. |
Verspreider | Mimosa Films |
Uitgereik | 1969 |
Speeltyd | 70 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Genre
wysigDirkie is ’n avontuurprent.
Akteurs
wysigVan die akteurs wat in die fliek gespeel het sluit in:
- Wynand Uys as Dirkie (as Dirkie Hayes)
- Jamie Uys as Anton (as Jamie Hayes)
- Wilhelm Esterhuizen as Smitty
- Sue Burman as Joan
- Jan Bruyns as kolonel (as Jan Bruijns)
- Pieter Hauptfleisch as oom Pete
- Johan du Plooy as Jack
- Bill Brewer as redakteur
- Jacques Loots as dokter (as Jaques Loots)
- Heinrich Marnitz as Hoffman
- Eugene Erasmus as operateur
Storielyn
wysigDie verhaal speel in die Kalahari-woestyn af en gaan oor ’n agtjarige seun en sy hond wat ná ’n vliegtuigongeluk alleen in die woestyn agterbly. Die seun trotseer allerhande ontberings terwyl ’n groot soektog na hom van stapel gestuur word.
Ander tale
wysigDirkie is ook in Engels gemaak onder die naam Lost in the Desert. Dit word ook soms Dirkie Lost in the Desert of Adventure in the Red Desert genoem. ’n Baie gewilde weergawe is in 1972 gemaak in Telugu, ’n Suid-Indiese taal, met die naam Papam Pasivadu.[1] ’n Paar veranderings is aan die storielyn aangebring ter wille van die plaaslike gehoor.
Sien ook
wysigEksterne skakel
wysigJamie Uys by Mimosa Films Geargiveer 26 Desember 2014 op Wayback Machine