Ditsong Nasionale Kultuurhistoriese Museum
Ditsong Nasionale Kultuurhistoriese Museum | |
Ditsong Nasionale Kultuurhistoriese Museum
| |
Vorige naam | African Window |
---|---|
Plek | Pretoria |
Land | Suid-Afrika |
Tipe museum | Kultuurhistories |
Webtuiste | Ditsong Nasionale Kultuurhistoriese Museum |
Die Ditsong Nasionale Kultuurhistoriese Museum, in Visagiestraat, Pretoria, ook bekend as die African Window, is geleë in die ou Muntgebou, wes van die Stadsaal van Pretoria. Die museum se uitstallings vertoon die kulturele diversiteit van Suid-Afrika. Dit huisves uitstallings van rotstekeninge en gravures van die Sanmense, ystertydperkfigure uit Schroda in die Limpopoprovinsie en 'n kunsgalery van kulturele voorwerpe, handwerk, beeldhouwerk en skilderye, wat 'n oorsig van die Suid-Afrikaanse kultuur bied.[1]
Geskiedenis
wysigDie museum is op 1 Maart 1997 geopen. Op 1 April 1999 het die museum met die Transvaal Museum vir Natuurgeskiedenis en die Suid-Afrikaanse Nasionale Museum vir Militêre Geskiedenis (in Johannesburg) saamgesmelt om die Northern Flagship Institution te vorm.
Versamelings
wysigDie museum se versamelings sluit in argeologiese materiaal, historiese dokumente, museumargiewe, en kontemporêre en historiese oudiovisuele materiaal.
Fotogalery
wysigVerwysings
wysig- ↑ "Ditsong: The National Cultural History Museum" (in Engels). Ditsong Museums. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Julie 2018. Besoek op 3 Maart 2017.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Ditsong National Museum of Cultural History. |
- (en) Die Nasionale Kultuurhistoriese Museum se amptelike webwerf Geargiveer 11 Maart 2017 op Wayback Machine