Domburg, Suriname
Domburg is 'n oord in die Wanica-distrik van Suriname, geleë aan die noordkus van Suid-Amerika. Die bevolking tydens die 2012-sensus was 5 661.[1]
Ligging
wysigDomburg is aan die Surinamerivier geleë, sowat 16 km suid van die hoofstad Paramaribo. Dit word deur die distrik Commewijne in die noorde en ooste, Para in die suide en die oord Houttuin in die weste begrens. Naby Domburg in Oost is 'n kunsmatige wit sandstrand, White Beach, langs die Surinamerivier geskep.[2]
Geskiedenis
wysigDomburg is in 1737 as 'n suikerrietplantasie gestig deur P. Thourron.[3] In 1873 het die plaaslike bevolking 'n program van onafhanklike landbou begin wat aangemoedig is deur goewerneur van Sypesteyn wat Nieuw Amsterdam en Domburg as geskikte liggings aangewys het.[4] Later het Domburg die setel geword van die Kommissaris van die voormalige Distrik van Bo-Suriname. In die 1930's is 'n pad gebou wat Domburg met Paramaribo verbind het en wat nywerhede na die gebied gelok het.[5]
Bekende boorlinge
wysig- Desi Bouterse (1945–2024), president van Suriname (2010–2020)[6]
- Max Woiski snr. (1911–1981), musikant.[7]
Verwysings
wysig- ↑ Statoids.com
- ↑ "White Beach Suriname". Suriname Vakantie Reis (in Nederlands). Besoek op 23 Mei 2020.
- ↑ "Plantages / D / Domburg". Suriname Plantages (in Nederlands). Besoek op 5 Mei 2020.
- ↑ "Encyclopaedie van Nederlandsch West-Indië - Page 441 - Landbouw" (PDF). Digital Library for Dutch Literature (in Nederlands). 1916. Besoek op 5 Mei 2020.
- ↑ "District Wanica Info". suriname.nu (in Nederlands). Besoek op 5 Mei 2020.
- ↑ "BOUTERSE 72 JAAR: "Als je moe bent ga je slapen"". Dagblad Suriname (in Nederlands). Besoek op 13 Julie 2020.
- ↑ "Muziekencyclopedie Biografie Max Woiski Sr". Muziek Encyclopedie (in Nederlands). Besoek op 13 Julie 2020.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Domburg, Suriname.