Domein (biologie)
'n Domein, in die betekenis daarvan soos dit in biologie gebruik word, (soms ook genoem 'n superryk, 'n superkoninkryk, of 'n ryk) is die heel hoogste vlak van die groepering van organismes in die wetenskaplike klassifikasie, hoër nog as 'n koninkryk.
Hedendaags is daar veral drie kompeterende domeinklassifikasies van alle lewende organismes:
- Die drie-domeinsisteem van Carl Woese, wat die konsep in 1990 gevorm het, met die groepering van die drie hoofdomeine van die Archaea, Eubacteria, en die Eukariote.
- Die tweeryksisteem, met die hoofvlakgroeperings van die twee ryke, die Prokariote (of die Monera) en die Eukariote.
- Die vyf-koninkryksisteem, met die hoofvlakgroeperings as die Protiste, die Monera, die Fungi, die Plantae, en die Animalia.
Bron
wysigVertaal vanaf die artikel Domain (biology) op die Engelse Wikipedia.