Don Lamprecht
Don Lamprecht (5 Maart 1940 - 21 April 2009) was 'n Suid-Afrikaanse verhoog- en radio-akteur, asook 'n stemkunstenaar. Hy was onder meer bekend vir sy vertolking van die "siener" in PG du Plessis se Siener in die suburbs, en as die stem van Flip die sprinkaan in die kinderreeks Maja die By.
Don Lamprecht | |
Geboortenaam | John David Blatt Lamprecht |
---|---|
Geboorte | 5 Maart 1940 |
Sterfte | 21 April 2009 Linden, Johannesburg |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Akteur |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Lamprecht is op 21 April 2009 weens nier- en blaaskanker oorlede.[1][2]
Teater
wysigVerhoogstukke waarin hy gespeel het:
- Kanna Hy Kô Hystoe
Filmografie
wysigDie rolprente waarin hy gespeel het:
- Siener in die suburbs, 1973 as Tjokkie die siener.
- Listen to My Story, 1976
- Die Voortrekkers, 1973
- Siener in die suburbs, 1973 as Tjokkie
- Salomien, 1972 as Ernst
- Die Marmerpoel, 1972
Verwysings
wysig- ↑ Don: Eerlike akteur, Die Volksblad, 2 Mei 2009
- ↑ Veteraan-akteur Don Lamprecht sterf[dooie skakel], Die Burger, 23 April 2009