Dowwekwassie

plant spesie

Die dowwekwassie (Sorocephalus palustris) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Sorocephalus behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit op die Kogelberg voorkom. Die plant was as uitgestorwe beskou en in 1984 laas gesien. Baie min inligting is beskikbaar van die spesie.

Dowwekwassie
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Sorocephalus
Spesie:
S. palustris
Binomiale naam
Sorocephalus palustris
Rourke, (1969)

Die struik blom vanaf Februarie. Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die plant is tweeslagtig en bestuiwing vind deur die werking van insekte plaas. Die vrugte word, twee maande nadat die plant geblom het, ryp en die sade val na die grond waar dit deur miere versprei word. Die plant groei in veenagtige gronde op hoogtes van 1050 - 1200 m.

In Engels staan die struik as die Mat clusterhead bekend.

Sien ook

wysig

Bronnelys

wysig