Drie Formuliere van Eenheid
Die Drie Formuliere van Eenheid verwys na die Calvinistiese belydenisskrifte wat tydens die Kerkhervorming in Nederland opgestel is. Dit bestaan uit:
- Die Nederlandse Geloofsbelydenis opgestel deur Guido de Brès in 1561
- Die Heidelbergse Kategismus opgestel deur Zacharias Ursinus en Caspar Olevianus in 1563
- Die Dordtse Leerreëls opgestel deur die Sinode van Dordrecht in 1618 en 1619.