Drieankerbaai
Drieankerbaai is 'n klein voorstad van Kaapstad tussen Seepunt en Groenpunt. Die naam is ontleen aan die drie ankers in die baai, waartussen vroeër kettings gespan is om dit teen vyandige invalle te beskerm.
Drieankerbaai | |
---|---|
Voorstad | |
Koördinate: 33°54′30″S 18°23′45″O / 33.90833°S 18.39583°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Metropolitaanse Munisipaliteit | Kaapstad |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,29 km2 (0,11 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 2 225 |
• Digtheid | 7 700/km2 (20 000/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | 8005 |
Skakelkodes | 021 |
Die strand by Drieankerbaai het in die middel jare sestig bekendheid verwerf toe Afrikaanse skrywer en digter Ingrid Jonker op 19 Julie 1965 selfmoord gepleeg het deur daar die see in te loop.[1]
Die Nasionale Seereddingsinstituut van Suid-Afrika se hoofkantoor is hier.
Sien ook
wysigVerwysing
wysig- ↑ "Rapport". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Januarie 2011. Besoek op 13 November 2010.