Drosanthemum marinum
Plantspesie
Drosanthemum marinum is 'n vetplant in die vygiefamilie wat endemies aan Suid-Afrika is en in die Wes-Kaap vanaf Paternoster tot by Yzerfontein voorkom.
Drosanthemum marinum | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Drosanthemum |
Spesie: | D. marinum
|
Binomiale naam | |
Drosanthemum marinum L.Bolus 1932
|
Die spesie is deel van die fynbos-bioom. Dit het 'n voorkomsgebied van kleiner as 500 km². Daar is veertien subpopulasies wat bedreig word deur menslike ontwikkeling aan die kus.