Duinegeelbos

spesie van die tolbosse

Die duinegeelbos (Leucadendron coniferum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit voorkom in die Kaapse Skiereiland, Kogelberg, Kleinmondberge, Groenlandberg en Kleinrivierberge. Die struik word 4 m hoog en dra blomme van Augustus tot September.

Duinegeelbos
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
L. coniferum
Binomiale naam
Leucadendron coniferum
(L.) Meisn.
Sinonieme
  • Leucadendron acutum Meisn.
  • Leucadendron sabulosum T.M.Salter
  • Leucadendron virgatum R.Br.
  • Protea acuta Kuntze
  • Protea conifera L.
  • Protea virgata Thunb.
  • Protea virgata Poir.

Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en word vrygelaat na 'n brand waar dit dan deur die wind versprei word. Die plant is eenslagtig en daar is manlike- en vroulike plante. Die aktiwiteite van klein torre verseker dat die plante bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik op duine op hoogtes van 0-300 m.

In Engels staan dit as die Dune Conebush bekend. Die plant se FSA-nommer is 82[1].

Galery

wysig

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig

Bronne

wysig

Eksterne skakels

wysig