Dwergpruimbas
plantspesie
Die dwergpruimbas (Osyris speciosa) is 'n boom wat inheems is aan die Wes-Kaap en kom van Houwhoek tot by Agulhas voor. Dit het 'n voorkomsgebied van kleiner as 1000 km² en daar is nege subpopulasies bekend waarvan slegs drie in die beskerming van natuurreservate is. Die ander ses word bedreig deur indringerplante, ontwikkeling, steengroef werke en gewasverbouing. Die boom vorm deel van die fynbos.
Dwergpruimbas | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Santalales |
Familie: | Santalaceae |
Genus: | Osyris |
Spesie: | O. speciosa
|
Binomiale naam | |
Osyris speciosa (A.W.Hill) J.C.Manning & Goldblatt, (2000)
| |
Sinonieme | |
|
Die boom se FSA-nommer is 100.1.[1]