eNuus
Afrikaanse nuusbulletin
eNuus is 'n Afrikaanse nuusbulletin wat in samewerking met eMedia se eNews opgestel en elke aand om 19:00 op kykNET uitgesaai word. Hulle eerste uitsending is op 18 Julie 2010 gebeeldsend. Hulle roem hulself daarop dat hulle die eerste onafhanklike nuusbulletin in Afrikaans is. Die bulletin dek Suid-Afrikaanse en internasionale nuusgebeure, die nuutste sportuitslae en word met 'n weervoorspelling afgesluit.
eNuus | |
Genre | Nuusbulletin |
---|---|
Ontwikkel deur | eMedia |
Aangebied deur | kykNET |
Oorsprong | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Produksie | |
Vervaardiger(s) | eMedia |
Uitsending | |
Eerste lopie | 18 Julie 2010 |
Kronologie |
Andries Cornelissen is aangestel as nuusredakteur en Freek Robinson is die hoof nuusleser. Die res van die eNuus-span bestaan uit LiMari Louw, Genee Heyl en Daniëlla van Heerden. Sportnuus word deur Jean-Paul Keyter en Francois Nolte hanteer.