Edward Bulwer-Lytton
Edward George Earle Bulwer Lytton, 'n skrywer en politikus is gebore op 25 Mei 1803 in Londen. Hy ontvang sy opvoeding deur middel van private opvoeders en ook van Trinity College in Cambridge. Hy sterf op 18 Januarie 1873.
Edward Bulwer-Lytton | |
Staatsekretaris vir die Kolonies
| |
Ampstermyn 5 Junie 1858 – 11 Junie 1859 | |
Monarg | Victoria |
---|---|
Eerste minister | Edward Smith-Stanley |
Voorafgegaan deur | Edward Stanley |
Opgevolg deur | Henry Pelham-Clinton |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 25 Mei 1803 Londen |
Sterf | 18 Januarie 1873 Torquay |
Politieke party | Whig Konserwatiewe Party |
Eggenoot/-note | Rosina Doyle Wheeler (1802–1882) |
Alma mater | Trinity College, Cambridge Trinity Hall, Cambridge |
Hy was die outeur van, onder andere, die bekende frase "die pen is magtiger as die swaard" en die openingslyn "dit was 'n donker en stormagtige nag" (it was a dark and stormy night). Alhoewel hy gewild was in sy leeftyd, word hy vandag met swak skryfstyl geassosieer. Die San Jose Staatsuniversiteit in Kalifornië het selfs 'n jaarlikse tong-in-die-kies kompetisie, die Bulwer-Lytton Fiction Contest wat pryse toeken aan die slegste openingslyne.
Bulwer-Lytton het internasionale bekendheid verwerf met sy geskiedkundige roman: "Die laaste dae van Pompeii" in 1834. Sy roman Zanoni is geskryf net voordat die Orde van die Rosekruis weer na vore getree het in die 19de eeu. Zanoni beskryf die lewe van twee rosekruisers van die 18de eeu, Zanoni en Mejnour as die laaste oorlewendes van die Orde van die Rosekruis in die 18de eeu. Verskeie verwysings kom voor na hermitisme, Paracelsus, Cornelius Agrippa, Cagliostro en Mesmer.
Bulwer-Lytton het van jongs af in die paranormaal belang gestel en het hom daaraan toegewy om die okkult te bestudeer. Twaalf jaar na die publikasie van Zanoni het Bulwer-Lytton vir Levi Eliphas ontmoet en het hulle gepoog om die gees van Appolonius van Tyana op te roep deur middel van 'n okkultiese ritueel beskryf in die "Magia Philosphica" geskryf deur Franciscus Patricius.
Bibliografie
wysigBronne
wysig- 2007, C Rebisse, Rosicrucian History and Mysteries, Antenaeum Press Ltd, Great Britain. Bl. 220