Eendag vir altyd
(Aangestuur vanaf Eendag vir Altyd)
Eendag vir Altyd is 'n Afrikaanse rolprent van 94 minute wat op 8 Februarie 1985 vrygestel is. Die rolprent is deur Tonie van der Merwe vervaardig, Chris du Toit was die regisseur.
Eendag vir Altyd | |
---|---|
Regisseur | Chris du Toit |
Produksieleier | Tonie van der Merwe |
Draaiboek | C.F. Beyers-Boshoff |
Met | Alwyn van der Merwe Brümilda van Rensburg Wanda van Zyl |
Musiek deur | Valma Muir |
Kinematografie | Tobie Swanepoel |
Redigeerder | Laurens Barnard |
Uitgereik | 8 Februarie 1985 |
Speeltyd | 94 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Hoofrolspelers
wysig- Alwyn van der Merwe as Hein Malan
- Brümilda van Rensburg as Tessa Lindemann
- Wanda van Zyl as Leoni Marais
- Gavin van den Berg as Ryno Retief
- Patrick Mynhardt as Oom Jurie
- Eghard van der Hoven as Prof. Justus Marais
- Corrie Huyser as Cecilia Marais
- Christine Basson as Maggie
- Tilana Hanekom as Mev. Veenstra
- Anton Dekker as sersant Roets
- Abie Hattingh as maj. Burger
- Thys du Plooy as konstabel Van Wyk
- Christo Loots as verkeerskonstabel
- Chris du Toit as verslaggewer
- Nic de Jager as radio-nuusleser
Storielyn
wysigHein en Ryno is mediese studente in hulle finale jaar wat vir dieselfde pos by die universiteit meeding. Hein raak in 'n motorongeluk betrokke en beskuldig Ryno valslik dat hy vir die ongeluk verantwoordelik is. In die paniek van die oomblik besluit Hein om op die vlug te slaan en sy vriendin besluit sy gaan saam. Die paartjie probeer telkens om 'n stap voor die polisie te bly.