Eidsvoll
Eidsvoll is 'n munisipaliteit (Noors: kommune) in die Noorse provinsie (fylke) Akershus met 'n oppervlakte van 456 vierkante kilometer en 'n bevolking van 19 916 mense (2008). Die munisipaliteit is na sy administratiewe hoofstad vernoem en grens in die noorde aan Østre Toten en Stange, in die ooste aan Nord-Odal, in die suid-ooste aan Nes, in die suide aan Ullensaker en in die weste aan Nannestad en Hurdal.
Kaart van Akershus | Wapen |
Ligging in Akershus | |
Land | Noorweë |
Provinsie (Fylke) | Akershus |
Koördinate | 60°21′N 11°15′E / 60.350°N 11.250°O |
Stigting | 1 Januarie 1838 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 457 vk km |
Hoogte bo seevlak | m |
Bevolking: | |
- Totaal (2008) | 19 961 |
- Bevolkingsdigtheid | 48/vk km |
Taalvorm | Bokmål |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
Burgemeester | Terje Teslo Senterpartiet |
Amptelike Webwerf | eidsvoll.kommune.no |
Eidsvoll staan vandag veral bekend vir die Noorse Grondwet van die jaar 1814, wat hier op 17 Mei 1814 in die huis van Carsten Anker, Eidsvollbygningen, onderteken is.