Elladoone
Elladoone is ’n suidelike voorstad van Johannesburg, sowat 6 km oossuidoos van die stadsaal.
Elladoone | |
---|---|
Koördinate: 26°14′21″S 28°05′24″O / 26.23917°S 28.09000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
Hoofplek | Johannesburg |
Stigting | 1955 |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,42 km2 (0,16 vk. myl) |
Bevolking (2001)[1] | |
• Totaal | 1 623 |
• Digtheid | 3 864/km2 (10 010/vk. myl) |
Rasverdeling (2001) | |
• Wit mense | 65,9% |
• Indiërs/Asiërs | 0,7% |
• Bruin mense | 4,7% |
• Swart mense | 28,6% |
• Ander | 0,7% |
Taal (2001) | |
• Afrikaans | 40,1% |
• Engels | 34,7% |
• Zoeloe | 11,2% |
• Ander | 14,0% |
Poskode (strate) | 2197 |
Geskiedenis
wysigElladoone is een van die laaste voorstede wat aangelê is op die plaas Klipriviersberg. Dis suid van City Deep, wes van Unigray (waarby dit ingereken word vir sensusdoeleindes), noord van Queenshaven en oos van Moffat View. In die noorde grens dit aan die N17-nasionale pad. Die voorstad is een van Johannesburg se kleinste; dit bestaan uit net twee straatblokke wat gevorm word deur Nealeweg in die noorde, Salmonweg in die suide, Outspanweg in die weste en Picardyweg in die ooste met Reginastraat wat in die middel van noord na suid loop.
Ellladoone is in 1955 aangelê, die jaar voor Unigray, en genoem na Ella Hohne, vrou van die ontwikkelaar, Arny Alfons Hohne.
Demografie
wysigOmdat Elladoone so klein is, is sy en Unigray se inwoners in 2001 se sensus saam met Queenshaven getel toe die totale inwonertal 1 623 was, van wie 1 070 (65,9%) wit was en 464 (28,6%) swart. Afrikaans (40,1%) was die grootste huistaal en Engels (34,7%) die naasgrootste. In 2011 se sensus is Elladoone en Unigray van Queenshaven geskei, toe die inwonertal 1 319 was, van wie 759 (57,5%) swart, 381 (28,9%) wit en 143 (10,8%) bruin. Met Queenshaven se getalle bygereken het die swart inwoners tussen 2001 en 2011 meer as verdubbel van 464 tot 923, die wit inwoners afgeneem van 1 070 tot 691 en die bruin inwoners amper tweevoudig toegeneem van 80 tot 143.[1]
Bronne
wysig- (en) Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.
- (en) Potgieter, D.J. (ed.) 1972. Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou).
- (af) Stals, prof. dr. E.L.P (red.). 1978. Afrikaners in die Goudstad. Deel 1. 1886 - 1924. Kaapstad en Pretoria: HAUM.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 (en) Sensussyfers van 2001, soos weergegee deur Adrian Frith. URL besoek op 28 Januarie 2018.