Msinga-broodboom
Die Msinga-broodboom (Encephalartos msinganus) is 'n kritiek bedreigde spesie van die genus Encephalartos. Die boom is endemies aan KwaZulu-Natal en kom in die gebied rondom Msinga voor. Die boom verkies volson of ligte skaduwee in goedgedreineerde grond en indien dit genoeg water kry, groei dit vinnig. Die plant word tot 3 m hoog. Die boom is eenslagtig: manlike en vroulike plante is afsonderlike eksemplare.
Msinga-broodboom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Divisie: | Cycadophyta |
Klas: | Cycadopsida |
Orde: | Cycadales |
Familie: | Zamiaceae |
Genus: | Encephalartos |
Spesie: | E. msinganus
|
Binomiale naam | |
Encephalartos msinganus Vorster, (1996)
|
Die broodboom groei in struikgroepe en kort grasveld, gewoonlik tussen rotse op noordelike berghellings en sandsteenkranse op hoogtes van 900 tot 1 200 m bo seevlak. Daar is tans ongeveer 250 bome oor in hul natuurlike omgewing.
Die boom is eers in 1996 deur Piet Vorster as 'n unieke spesie geklassifiseer, voorheen was dit as deel van Encephalartos natalensis beskou. Die plant se FSA-nommer is 14.7.[1] In Engels staan die broodboom as die Msinga cycad bekend.