Erepsia brevipetala
Plantspesie
Erepsia brevipetala is 'n vetplant wat deel is van die Aizoaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Piketberg tot by Hopefield voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 1000 km². Daar is drie subpopulasies oor nadat 'n groot gedeelte van die plant se habitat gebruik is vir koringverbouing. Die oorblywende plant word bedreig deur indringerplante, oorbeweiding en vertrapping en erosie.
Erepsia brevipetala | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Erepsia |
Spesie: | E. brevipetala
|
Binomiale naam | |
Erepsia brevipetala L.Bolus, (1934)
|