Erica jacksoniana
plantspesie
Erica jacksoniana is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan Landroskop in die Hottentots-Hollandberge, Wes-Kaap. Die plant het 'n voorkomsgebied van 4 km² in die Hottentots-Hollandreservaat. Gelukkig word die gedeelte waar dit voorkom tans nog nie deur indringerplante bedreig nie. Die plant word as seldsaam beskou.
Erica jacksoniana | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Ericales |
Familie: | Ericaceae |
Genus: | Erica |
Spesie: | E. jacksoniana
|
Binomiale naam | |
Erica jacksoniana H.A.Baker, (1969)
|