Erica pillansii
plantspesie
Erica pillansii is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom op die lae heuwels tussen Pringlebaai en Kleinmond. Die spesie was eers gewild as snyblomme maar die gebruik is nou gestaak en die plant word beskerm in die Kogelberg-natuurreservaat.
Erica pillansii | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Ericales |
Familie: | Ericaceae |
Genus: | Erica |
Spesie: | E. pillansii
|
Binomiale naam | |
Erica pillansii Bolus, (1909)
|
Die plant het een subspesie: Erica pillansii subsp. fervida (L.Bolus) E.G.H.Oliv. & I.M.Oliv.