Erica pulvinata
plantspesie
Erica pulvinata is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Soetanysberg voor. Dit het 'n voorkomsgebied van kleiner as 3 km² en daar is net een populasie. Die habitat het egter verklein weens die indringerplant, die rooikrans. Dié plant word wel verwyder maar dit teel vinniger aan as wat dit verwyder word.
Erica pulvinata | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Ericales |
Familie: | Ericaceae |
Genus: | Erica |
Spesie: | E. pulvinata
|
Binomiale naam | |
Erica pulvinata |