Eridanus-sterrestelselswerm
Die Eridanus-sterrestelselswerm se middelpunt is sowat 75 miljoen ligjare van die Aarde af en bevat sowat 73 groot sterrestelsels (200 in totaal). Sowat 30% van hulle is elliptiese sterrestelsels en die ander 70% is spiraalsterrestelsels of onreëlmatig.[1] Die stelsels kom in kleiner groepe voor wat losweg deur hul swaartekrag bymekaargehou word en dit lyk dus of hulle nog besig is om nader na mekaar te beweeg om eindelik ’n swerm van sowat 1014 M☉ te vorm. Die swerm is in die sterrebeeld Eridanus geleë, naby die Fornax-sterrestelselswerm, en word soms die "Fornax II-swerm" genoem.[2]
Eridanus-sterrestelselswerm | |
---|---|
Soort | Sterrestelselswerm |
Sterrebeeld | Eridanus |
Waarnemingsdata (Epog J2000) | |
Regte klimming | 03h 28m 13,8s |
Deklinasie | -20° 44′ 40″ |
Afstand (ligjaar) | 75 miljoen |
Rooiverskuiwing | 0,005570 |
Bindingsmassa | ~1014 M☉ |
Ander name | |
Fornax II, De Vaucouleurs-groep 31 | |
Portaal Sterrekunde |
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Omar, A.; Dwarakanath, K. S. (Maart 2005). "GMRT HI Observations of the Eridanus Group of Galaxies I" (PDF). Journal of Astrophysics and Astronomy. 26 (1): 1–33. arXiv:astro-ph/0503536. Bibcode:2005JApA...26....1O. doi:10.1007/BF02702451. Besoek op 25 Februarie 2012.
- ↑ atlasoftheuniverse.com