Erie, Pennsilvanië
Erie is 'n hawestad aan die suidelike oewer van die Eriemeer in die VSA-deelstaat van Pennsilvanië. Die administratiewe setel van die Erie County is ook hier gevestig. Die stad is ongeveer 193 km noordwes van Pittsburgh.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Pennsilvanië |
County | Erie |
Koördinate | 42°7′N 80°5′W / 42.117°N 80.083°W |
Gestig op | 18 April 1795 |
Geïnkorporeer op | 14 April 1851 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 57 vk km |
Hoogte bo seevlak | 223 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2013) | 100 671 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 788/vk km |
Tydsone | EST (UTC -5) |
Somertyd | EDT (UTC -4) |
Burgemeester | Joseph E. Sinnott |
Amptelike Webwerf | erie.pa.us |
Geskiedenis
wysigDie eerste Indiane het reeds in 1654 hier gewoon. In 1753 het 'n Franse mag 'n fort met die naam van Presque Isle hier gebou wat hulle in 1760 verlaat het. Die Seneca Indiane het die strukktuur in 1763 ingeval en dit afgebrand; Britse magte het die area beset vanaf 1764. Die area is in 1785 deur die Amerikaanse regering gekoop en in 1792 aan die deelstaat Pennsilvanië verkoop teen 75 sent per akker. Die nedersetting is in 1795 deur twee weermagoffisiere gestig. Toe die Erie County gestig is, het die dorp die hoofstad daarvan geword. Tydens die Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812 het Oliver Hazard Perry 'n vloot gebou en toegerus waarmee hy die Engelse skepe op 10 September 1813 oorwin het tydens die Slag van Put-in-Bay.
Die dorp het in 1851 stadstatus verkry.
Ligging
wysigDie stad is gebou op 'n vlakte, ongeveer 20 m bokant die watervlak van die meer op 'n skiereiland van 11 km².
Bron
wysig- Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 9, Bladsy 289.