Wilderoosmaryn
plantspesie
(Aangestuur vanaf Eriocephalus africanus var. africanus)
Die wilderoosmaryn (Eriocephalus africanus var. africanus) is 'n struik wat tot 1 m hoog word. Die plant is inheems aan die Wes-Kaap en Oos-Kaap waar dit voorkom in kleierige en graniethange en deel vorm van die fynbos. Dit staan ook bekend as die kapokbos.
Wilderoosmaryn | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Tribus: | |
Genus: | |
Spesie: | E. africanus
|
Binomiale naam | |
Eriocephalus africanus var. africanus |
Die plant se blare is in bondels, draadvormig of drieledig vertak. Die blomhofies is in plat trosse op die punte van die takke en pers van kleur met wit lintblomme; dit word omring deur verskeie rye gepunte skutblare. Die plant het medisinale gebruik, dit word gebruik vir watersug en maagpyn.
Bronne
wysig- Manning, John: Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika. Briza Publikasies. ISBN 978 1 920217 01 3
- SANBI redlist
- PLANTZAFRICA