Ermelo-Richardsbaai steenkooltrajek
Die Ermelo-Richardsbaai steenkooltrajek is 'n spoorlyn wat deur Transnet Freight Rail gebruik word om spesiale lang treine met uitvoersteenkool vanaf verskeie koolmyne in Mpumalanga na die uitvoerterminaal by Richardsbaai te verskuif.
Die trajek is een van vier in Suid-Afrika wat teen 'n spanning van 25 kV wisselstroom opereer. Die spesiaalontwerpte Klas 11E-lokomotief is aanvanklik uitsluitlik op hierdie trajek vir steenkooltreine gebruik. In 2015 is die lokomotiewe vervang met die nuwe Chinees-ontwerpte Suid-Afrikaanse Klas 21E.