Ethelreda Lewis
Suid-Afrikaanse skryfster
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Ethelreda Lewis neé Howe (1875 - 31 Julie 1946) was 'n Suid-Afrikaanse skryfster. Sy is gebore in Matlock, Derbyshire, Engeland. Sy is Ethel genoem maar neem die naam Ethelreda aan. Sy emigreer na Suid-Afrika en trou met dr. Joseph Lewis van Kaapstad. Sy skryf 'n aantal romans en die bekendste is The Harp. Die boek verskyn in 1925 en handel oor die lewe in 'n klein Kaapse kusdorpie. Sy word bekend as die redaktrise van Trader Horn. Latere boeke wat gevolg het verskaf aan haar roem in Suid-Afrika en die buiteland. Sy is in Port Alfred oorlede.
Ethel Lewis | |
---|---|
Gebore | Ethelreda Howe 1875 Matlock, Derbyshire, Engeland |
Sterf | 31 Julie 1946 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skrywer |
Bekend vir | Romans |