Salignabloekom
(Aangestuur vanaf Eucalyptus grandis)
Die salignabloekom (Eucalyptus grandis) is 'n groot tot massiewe boom en indringerplant wat groei in waterlope, woudrande en grasveld. Dit is endemies aan die ooste van Australië. Dit kan tot 55 m hoog word. Die boom het growwe bas wat afskilfer in lang repe om die gladde, liggrys of wit onderbas te ontbloot. Die blare is enkelvoudig, lansvormig, donkergroen aan die bokant en leeragtig. Die blommetjies is roomkleurig met uitstaande meeldrade en lok veral bye. Die boom se vrug is 'n klein, peervormige kapsule.
Salignabloekom | |
---|---|
Salignabloekoms in Australië | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Myrtales |
Familie: | Myrtaceae |
Genus: | Eucalyptus |
Spesie: | E. grandis
|
Binomiale naam | |
Eucalyptus grandis W. Hill ex Maiden, (1919)
| |
Natuurlike verspreiding | |
Sinonieme | |
|
Die boom word in plantasies geplant vir kommersiële gebruik.
Sien ook
wysigBronne
wysig- Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0
- Plants of the World Online
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Salignabloekom.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Salignabloekom