Europium(II)hidried

chemiese verbinding

Europium(II)hidried of europiumdihidried is 'n soutagtige verbinding van europium in sy +2 oksidasietoestand en waterstof met die chemiese formule EuH2

Eienskappe

Algemeen

Naam Europium(II)hidried
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule EuH2
Molêre massa 153,98 [g/mol]
CAS-nommer 70446-10-5[1]  
Voorkoms violet vastestof.[2]
Fasegedrag  
Selkonstantes a=623,9(2), b=379,6(1), c=719,6(2)pm  
Ruimtegroep Pnma 
Nommer 62  
Strukturbericht C23
Smeltpunt
Kookpunt
Digtheid
Oplosbaarheid

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Dit is 'n ferromagnetiese halfgeleier. Die Curietemperatuur is 25K[1] of 18K[2] en dit het 'n optiese bandgaping van 1,85 eV.[2]

Kristalstruktuur

wysig

Europiumhidried kristalliseer in die ortorombiese PbCl2-struktuur (cotunniet; C23 in die strukturbericht-klassifikasie. Die struktuur bevat Eu2+-ione in 'n negevoudige omringing deur hidriedione (H-). Die struktuur is met neutrondiffraksie aan EuD2 met natuurlike isotoopverdeling van die europium bepaal, hoewel dit taamlik sterk neutrone absorbeer en die Eu2+-ione paramagneties is, wat 'n paramagnetiese bydrae aan die ondergrondstrooiing oplewer. Die europiumione word omring deur trigonale EuD6-prismas wat in trigonale kolomme in die rigting van die b-as loop. Die prismas is drievoudig bekap. Die nege Eu-D-afstande wissel van 238,3 tot 275,9 pm.[2]

Hierdie struktuur is isotipies met ander hidriede s'n soos CaH2, SrH2, BaH2 en YbH2.

Chemiese eienskappe

wysig

Europiummetaal reageer met waterstof by verhoogde temperatuur en lae drukke om hierdie hidried te vorm.[1] Onder hoë drukke kan EuH3 gevorm word.

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 "Europium dihydride". Stanford advanced materials.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 Kohlmann, H. (2010). "Solid-State Structures and Properties of Europium and Samarium Hydrides". Eur. J. Inorg. Chem.: 2582–2593. doi:10.1002/ejic.201000107.