McDonnell Douglas F-15 Eagle
(Aangestuur vanaf F-15 Eagle)
McDonnell Douglas F-15 Eagle is 'n Amerikaanse dubbelmotorige taktiese vegvliegtuig wat in alle weersomstandighede kan funksioneer. Dit is spesiaal deur McDonnell Douglas (nou Boeing) ontwerp om lugoorheersing te verkry en te behou, en om luggevegte uit te voer. Dit is een van die suksesvolste moderne vegters, met meer as 100 luggevegoorwinnings. Nadat die voorstelle wat in 1967 ingedien is hersien is, het die Amerikaanse Lugmag McDonnell Douglas se ontwerpvoorstel aanvaar vir 'n toegewyde lugsuperioriteitsvegter. Die Eagle se nooiensvlug was in Julie 1972, en is in aktiewe diens sedert 1976.
F-15 Eagle | |
---|---|
Tipe | Taktiese lugsuperioriteit/vegter |
Vervaardiger | McDonnell Douglas |
Ontwerp deur | McDonnell Douglas |
Nooiensvlug | 27 Julie 1972 |
Vrygestel | 9 Januarie 1976 |
Status | In gebruik |
Hoofgebruiker | Amerikaanse Lugmag |
Vervaardig | 1972- |
Aantal gebou | 1198 |
Eenheidskoste | VS$ 28 miljoen (1998) |
Tegniese gegewens
wysigItem | Statistiek |
---|---|
Aantal motore | 2 |
Tipe motor | Straler met nabrander |
Bemanning | 1 loods |
Vlerkspan | 13,05 m |
Lengte | 19,43 m |
Hoogte | 5,63 m |
Maks. opstygmassa | 30 845 kg |
Leë massa | 12 700 kg |
Maksimumsnelheid: | Mach 1,2 (by seevlak) Mach 2,5+ (op hoogte) |
Reikafstand | 3 219 km |
Klimvermoë | 254 m/s |
Brandstofkapasiteit | 6 100 kg (aanboord) |
Fotogalery
wysig-
Twee JASDF F-15J's styg op in formasie
-
F-15 Eagle van die Koninklike Saoedi Lugmag
-
F-15K hervul van 'n KC-135 tenker af
-
Twee F-15I's van die Israeliese Lugmag
-
F-15 Eagle se instrumentpaneel
-
'n Britse Lugmag F-15E Strike Eagle in Irak
Sien ook
wysig
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |