Fairview, Johannesburg
Fairview is 'n voorstad van Johannesburg in Suid-Afrika, in die voormalige "Area 9". Fairview word begrens deur Troyeville in die noorde, Reynolds View in die ooste, Jeppestown in die suide en New Doornfontein in die weste. Fairview is sowat 3 km oos van Johannesburg se stadsaal geleë.
Fairview | |
---|---|
'n Uitsig op Fairview, 1906, van waar Commissionerstraat skielik doodloop en 'n stuk veld word. | |
Koördinate: 26°12′10″S 28°04′02″O / 26.20278°S 28.06722°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,21 km2 (0,08 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 716 |
• Digtheid | 8 171/km2 (21 160/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 2.6% |
• Indiërs/Asiërs | 1.3% |
• Bruin mense | 2.3% |
• Swart mense | 93.6% |
• Ander | 0.2% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 41.8% |
• Engels | 10.7% |
• Tsonga | 7.2% |
• Ndebele | 5.5% |
• Ander | 34.8% |
Poskode (strate) | 2094 |
Poskode (posbusse) | — |
Skakelkode | 011 |
Die destydse NG gemeente Jeppestown se kerkgebou is in Fairview geleë en is al beskryf as een van die mooiste kerke in Johannesburg.
Geskiedenis
wysigDie voorstad is omstreeks 1895 of vroeg in 1896 aangelê deur M.H. Fawcus en oorspronklik Fawcus Town (of Township) genoem. Volgens The Star van November 1896 is erwe teen 'n gemiddelde prys van £300 elk verkoop en sommige selfs teen £450. Fawcus was getroud met ’n vrou van die eiland Sint Helena, wat later as “kleurling” geklassifiseer sou gewees het.
Ná die Tweede Vryheidsoorlog, toe die sosiale kleurskeidslyn strenger toegepas is, het hy sy vrou en gesin geneem en met die geld wat hy uit die verkoop van sy grond en ontwikkeling van Fawcus Township gemaak het, verhuis na Jamaika en later Trinidad, waar hy oorlede is. In 1909 het sy weduwee na Johannesburg teruggekeer en sonder welslae probeer om die ou naam van die dorpsgebied te herstel, wat intussen herdoop is tot Fairview.
Dit is nou ’n minder gegoede, vervalle residensiële voorstad met sakeondernemings en werkwinkels aan Commissionerstraat, wat uit die middestad hierdeur loop. ’n Groot brandweerstasie met ’n hoë toring is op ’n hoogte aan die oostelike kant van Commissionerstraat gebou.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Subplek Fairview". Sensus 2011.
Hierdie artikel omtrent 'n plek in Johannesburg is slegs ’n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.