Faith Muthambi
Azwihangwisi Faith Muthambi (gebore 19 Februarie 1974) is 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die African National Congress.
Faith Muthambi | |
Minister van Staatsdiens en -administrasie
| |
---|---|
Ampstermyn 31 Maart 2017 – 26 Februarie 2018 | |
President | Jacob Zuma Cyril Ramaphosa |
Opgevolg deur | Ayanda Dlodlo |
Minister van Kommunikasie
| |
Ampstermyn 26 Mei 2014 – 31 Maart 2017 | |
Vise | Stella Ndabeni-Abrahams |
President | Jacob Zuma |
Voorafgegaan deur | Yunus Carrim |
Opgevolg deur | Ayanda Dlodlo |
Lid van die Nasionale Vergadering
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 6 Mei 2009 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 19 Februarie 1974 |
Politieke party | African National Congress |
Kiesafdeling | Elim/Vuwani Malamulele |
Sy was een van die sewe ANC-LP's wat genomineer is vir die ad hoc-komitee om president Jacob Zuma se voorleggings oor die openbare beskermer se verslag oor sy Nkandla-opstal te oorweeg.[1]
Muthambi het 'n B Proc van die Universiteit van Venda (1993-1996), en verskeie ander sertifiserings en kwalifikasies van UPTA, Wits Business School en UNIVEN.[1]
’n Ad hoc parlementêre komitee het Muthambi “onbevoeg” en skuldig bevind aan die misleiding van die parlement, wat ’n kriminele oortreding is. Sy het ook versuim om 'n vergadering by te woon waar sy veronderstel was om die R300 000 te verduidelik wat sy aan vervoerkoste bestee het vir vriende en familie om te kom luister hoe sy 'n toespraak lewer.[2] Sy het ook versuim om 'n vergadering by te woon om verantwoording te doen vir haar persoonlike personeel van 27 (waarvan baie die kinders van vriende van haar is), terwyl die ministeriële handboek hierdie syfer tot 10 beperk.[3]
As gevolg van die Openbare Beskermer se bevindings van magsmisbruik, bedrog en wanadministrasie teen Hlaudi Motsoeneng, het die Wes-Kaapse Hooggeregshof tot die gevolgtrekking gekom dat Muthambi irrasioneel en onwettig opgetree het deur Motsoeneng as Bedryfshoof van die SAUK aan te stel.[4][5]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Muller, Rudolph. "Who is Faith Muthambi?" (in Engels (VSA)). Besoek op 25 Mei 2020.
- ↑ Gerber, Jan (21 Augustus 2017). "'Incompetent' Faith Muthambi 'tried to mislead Parliament'". Besoek op 21 Augustus 2017.
- ↑ Gerber, Jan (22 Augustus 2017). "Another week without Faith in Parliament". Besoek op 23 Augustus 2017.
- ↑ "Outa lays treason charges against Minister Muthambi". enca.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Oktober 2018. Besoek op 20 April 2020.
- ↑ "OUTA lays treason charges against Faith Muthambi". news24.com (in Engels). Besoek op 20 April 2020.
Bronne
wysig- "ANC and DA MPs agree that Muthambi 'must go to prison'". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2018. Besoek op 8 Julie 2018.
- "Faith Muthambi faces another investigation". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2018. Besoek op 8 Julie 2018.
- "Shameful 10: From Fikile Mbalula to Faith Muthambi - ministers that Cyril fired - BizNews.com". 27 Februarie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Junie 2018. Besoek op 8 Julie 2018.
Eksterne skakels
wysig- Faith Muthambi op Twitter
- "Faith Muthambi". People's Assembly. Besoek op 8 Julie 2018.