Ford Sierra
Die Ford Sierra was 'n groot gesinsmotor wat van 1982 tot 1994 deur Ford van Europa gebou is. Dit is ontwerp deur Uwe Bahnsen, Robert Lutz en Patrick le Quément. Die kodenaam tydens sy ontwikkeling was "Projek Toni"[1]
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Ford Motormaatskappy |
Produksie | 1982–1994 |
Montering | Wêreldwyd |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Groot gesinsmotor |
Bakstyl | 2-deur bakkie 3- of 5-deur liftback 4-deur sedan 5-deur stasiewa |
Uitleg | Voorenjin, agterwielaangedrewe of vierwielaangedrewe |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 1294cc Pinto I4 EBNA 1593cc Pinto I4 EBNA 1796cc Pinto I4 EBNA 1993cc Pinto I4 SOHC 1998cc Ford I4 DBNA I4 DBNA 1598cc Ford CVH I4 1796cc Ford CVH I4 2293cc Ford Cologne V6 kopklep 2792cc Cologne V6 kopklep 2935cc Ford Cologne V6 kopklep Ford Windsor 5.0 L V8 kopklep (slegs in Suid-Afrika) 1.8 L I4 EBNA Turbodiesel 2.3 L I4 kopklep Diesel |
Ratkas | 3- of 4-gang outomaties 4- of 5-gang handrat |
Lengte | 4,531 mm |
Breedte | 1,727 mm |
Hoogte | 1,367 mm |
Asafstand | 2,609 mm |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Ford Cortina Mk V Ford Taunus TC |
Opvolger | Ford Mondeo |
Variante | Ford Scorpio Ford P100 |
Die Ford Sierra is op 22 September 1982 onthul op die Britse Internasionale Motorskou aangebied by die NUK in Birmingham.[2] Verkope het op 15 Oktober 1982 begin, met die vervanging van die Ford Cortina. Sy aërodinamiese stilering was sy tyd ver vooruit, en baie konserwatiewe kopers (insluitend maatskappymotorbestuurders) was nie juis gediend met die Ford Cortina se plaasvervanger nie.[1]
Dit is hoofsaaklik vervaardig in Duitsland, België en die Verenigde Koninkryk, alhoewel Sierras ook gemonteer is in Argentinië, Ierland, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Venezuela.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 "Ford Sierra" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 September 2015. Besoek op 8 Augustus 2014.
- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 September 2015. Besoek op 11 Maart 2015.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |