Forestwaterval
Die Forestwaterval is 'n waterval in Mpumalanga, Suid-Afrika tussen Sabie en Graskop. Die skilderagtige waterval is in 'n bosbouplantasie in die Mac-Macrivier geleë, by die koördinate 24°58′25″S 30°49′02″O / 24.97359°S 30.81728°O.
Die jaarlikse Forest-to-Falls bergfietswedren, asook die SASOL-tydren vind in die omgewing van die waterval plaas.