Franschhoek diastella
Spesie van die diastellas
Die Franschhoek diastella (Diastella buekii) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Diastella behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Franschhoek en Wemmershoekvalleie voor. Die struik is plat en word slegs 15 cm hoog en dra blomme van Augustus tot November.
Franschhoek diastella | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Diastella |
Spesie: | D. buekii
|
Binomiale naam | |
Diastella buekii (Gand.) Rourke, (1976)
| |
Sinonieme | |
|
Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Twee maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van bye. Die plant groei in klam sand op hoogtes van 200- 300 m.
In Engels staan dit as die Franschhoek Silkypuff bekend.