Franz Josef-land
Franz Josef-land (Russies: Земля́ Фра́нца-Ио́сифа, Zemlya Frantsa-Iosifa) is 'n argipel in die Arktiese Oseaan en is genoem ná Frans Josef, keiser van die Keiserryk Oostenryk en later Oostenryk-Hongarye. Die argipel is noord van Nowaja Zemlja, oos van Svalbard, wes van Sewernaja Zemlja en suid van die Noordpool geleë. Dit grens aan die Arktiese Oseaan in die noorde, die Barentssee in die suidweste en die Karasee in die suidooste.
Franz Josef-land Inheemse naam: Земля́ Фра́нца-Ио́сифа | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van Franz Josef-land | |
Geografie | |
Ligging | Rusland, Arktiese Oseaan |
Koördinate | 80°40′N 54°51′O / 80.667°N 54.850°O
|
Totale eilande | 191 |
Hoofeilande | George-land |
Oppervlakte | 16 134 vk km |
Hoogste punt | Wilczek-land 670 m |
Administrasie | |
Rusland | |
Federale distrik | Noordwestelike |
Oblast | Archangelsk
|
Demografie | |
Bevolking | 11 (Russiese soldate)
|
Die eerste amptelike verwysing dateer van die Oostenryks-Hongaarse Noordpool-ekspedisie van 1873 onder leiding van Julius von Payer en Karl Weyprecht, wie die argipel ná die destydse keiser Frans Josef genoem het. In 1926 is die argipel deur die Sowjetunie geannekseer.
Die Kaap Fligely op Rudolfeiland is die mees noordelike punt van Eurasië en sowat 900 km suid van die Noordpool. Net Groenland en Ellesmere-eiland van die Kanadese Arktiese Argipel strek verder noord.
Franz Josef-land se bevolking bestaan net uit 11 Russiese Militêre basispersoneel. Die argipel behoort administratief tot die Archangelsk-oblast van die Noordwestelike Federale Distrik.[1]
Verwysings
wysig- ↑ "Franz-Josef-Land" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2019. Besoek op 16 Julie 2017.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Franz Josef-land.