Fynblaarsepter

plant spesies

Die fynblaarsepter (Paranomus capitatus) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Paranomus behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom in die Du Toit's-berge suid van Du Toitskloofpas tot die noord hellings van die Riviersonderendberge.

Fynblaarsepter
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Paranomus
Spesie:
P. capitatus
Binomiale naam
Paranomus capitatus
(R.Br.) Kuntze, (1891)
Sinonieme
  • Nivenia capitata R.Br.
  • Protea capitata (R.Br.) Poir.
  • Serruria brevifolia E.Phillips & Hutch.

Die struik word tot 50 cm hoog en blom hoofsaaklik van Julie tot Oktober. 'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die plant is tweeslagtig en bestuiwing vind deur die werking van insekte plaas. Die vrugte word, twee maande nadat die plant geblom het, ryp en die sade val na die grond waar dit deur miere versprei word. Die plant groei in bergagtige sandsteen fynbos op hoogtes van 400 - 1500 m.

In Engels staan die struik as die Fine-leaf sceptre bekend.

Bronnelys

wysig