Gaffie du Toit
Gaffie du Toit (* 24 Maart 1976, Kuilsrivier) is ’n uitgetrede Springbokrugbyspeler wat vir die Griekwas, Natalse Haaie, Westelike Provinsie, Vrystaat Cheetahs en die SWD Arende in die Curriebeker- en Vodacombekerreekse gespeel het. Hy het ook vir die Cats, Sharks, Stormers en Cheetahs in die Superrugbykompetisie uitgedraf.
| |||||
Volle naam | Gabriël Stephanus du Toit | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 24 Maart 1976 | ||||
Geboorteplek | Kuilsrivier, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,85 m | ||||
Massa | 92 kg | ||||
Skool | Augsburg Afrikaanse Hoërskool | ||||
Universiteit | Universiteit Stellenbosch | ||||
Beroep | Professionele rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Losskakel, vleuel, heelagter | ||||
Springbokno. | 667 | ||||
Amateurspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1997 | Maties | ||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2006-2009 | Toulouse | 39 | (79) | ||
korrek soos op 23 Mei 2013. | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1998-1999 2000-2002 2003-2005 2006 2009-2010 |
Griekwas Natal WP Cheetahs SWD Arende |
? ? 2 8 ? |
(?) (?) (0) (2) (?) | ||
korrek soos op 23 Mei 2013. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1999 2000-2002 2003-2005 2006 |
Cats Sharks Stormers Cheetahs |
? ? 27 10 |
8) (204) (120) (15 | ||
korrek soos op 23 Mei 2013. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
1998-2006 | Suid-Afrika | 14 | 118 | ||
korrek soos op 17 Maart 2013. |
Du Toit het in 1997 vir die Westelike Provinsie se o/21-span in die Curriebeker se o/21-reeks en vir die Universiteit Stellenbosch se eerste rugbyspan in die Supersport Klubkampioenskap gespeel. Hy is daarna na Griekwaland-Wes vanwaar hy ’n Springbok geword het. Hy het ook vir Natal, die Westelike Provinsie en die Vrystaat gespeel voordat hy sy loopbaan in 2006 in Frankryk voortgesit het om vir Stade Toulousain te speel.
In 2009 het hy na Suid-Afrika teruggekeer om vir die SWD Arende te speel. Du Toit het aan die einde van 2010 uit rugby getree.
Eksterne skakels
wysig- Gaffie du Toit by SARugby.co.za
- Gaffie du Toit by www.genslin.us/bokke