Kuilsrivier
Kuilsrivier is 'n noordelike voorstad van Kaapstad in die Oostenberggebied tussen Bellville en Somerset-Wes. Kuilsrivier het ontstaan nadat 'n veepos op pad na Stellenbosch in die laat 17de eeu deur goewerneur Simon van der Stel opgerig is. Dit is naby die groot kuile waar die Kuils- en Bottelaryriviere ontmoet en was deur mylpaal 15 aangedui.[2]
Kuilsrivier | |
---|---|
NG Kerk Kuilsrivier | |
Koördinate: 33°55′28″S 18°40′42″O / 33.92444°S 18.67833°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Munisipaliteit | Stad Kaapstad |
Stigting | 1898 |
Oppervlak | |
• Totaal | 39,86 km2 (15,39 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 46 686 |
• Digtheid | 1 171/km2 (3 030/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 32.6% |
• Indiërs/Asiërs | 0.9% |
• Bruin mense | 53.1% |
• Swart mense | 11.4% |
• Ander | 1.9% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 60.2% |
• Engels | 33.2% |
• Xhosa | 3.2% |
• Ander | 3.4% |
Poskode (strate) | 7580 |
Poskode (posbusse) | 7579 |
Skakelkode | 021 |
Geriewe en besienswaardighede
wysigVandag spog die dorp met 'n goeie gholfbaan en bied dit ander ontspanningsgeriewe soos perdry, stap en fietsry deur die nabygeleë fynbosheuwels. Suid-Afrika se grootste versameling klassieke en veteraanmotors kan by die Wijnland Auto Museum besigtig word en 'n versameling van 20ste eeuse Russiese kuns en Faberge-eiers by die Marvol Russiese Museum op die Hazendal Wynlandgoed. Die Zevenwacht wynlandgoed is ook in Kuilsrivier geleë.[2]
Plaaslike bestuur
wysigKuilsrivier het van 1950 tot 1996 sy eie munisipaliteit gehad en van 1996 tot 2000 was die dorp deel van die tussentydse Oostenberg-munisipaliteit. Sedert 2000 is dit deel van die Stad Kaapstad Metropolitaanse Munisipaliteit.
Wapen
wysigKuilsrivier se munisipale raad het in 1955 'n wapen aangeneem wat deur Ivan Mitford-Barberton ontwerp is: Deurgesny van rooi en golwend gedwarsbalk van silwer en blou, in die skildhoof 'n goue juk met vier skeie; 'n silwer skildhoof belaai met 'n rennende springbok van natuurlike kleur. Die wapen is in 1956 by die Kaapse Provinsiale Administrasie geregistreer.[3]
Bekende persone gebore in Kuilsrivier
wysig- Herman Charles Bosman - bekende skrywer.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Kuilsrivier". Sensus 2011.
- ↑ 2,0 2,1 Tourism Cape Town Geargiveer 26 November 2007 op Wayback Machine (en) , Kuils River Geargiveer 6 Maart 2016 op Wayback Machine (en) , Besoek op 15 Desember 2007
- ↑ Kaap de Goeie Hoop Amptelike Koerant 2793 (13 Januarie 1956).