Ivan Mitford-Barberton
Ivan Mitford-Barberton (1896 – 1976) was 'n Suid-Afrikaanse beeldhouer en skrywer. Hy is in 1896 op Somerset-Wes as seun van Mary Layard Bowker en Henry Barber gebore. Sy grootouers was Mary Elizabeth en Frederick William Barber. Hy ontvang opleiding aan St. Andrew-kollege, Grahamstad. Hy veg in altwee wêreldoorloë en plant 15 jaar lank koffie in Kenia. Nadat hy in Engeland, Frankryk en Italië in die kuns gestudeer het, sluit hy aan by die Michaelis-kunsskool aan die Universiteit van Kaapstad.
Ivan Mitford-Barberton | |
---|---|
Gebore | |
Sterf | 9 Junie 1976 (op 80) |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Beeldhouer en skrywer |
Bekend vir | die Mutual-gebou, Red Cross War Memorial Children's Hospital |
Ouer(s) | Mary Layard Bowker en Henry Mitford Barber |
Werke
wysigHy het die standbeeld van Jock of the Bushveld in Barberton ontwerp.[2] Die bronsbeeld van 'n luiperd in Houtbaai, [3] waar hy gebly het, is sy werk. Die beeldhouwerk van Peter Pan by die Rooi Kruis se Kinderhospitaal in Kaapstad is deur Mitford-Barberton gedoen.[4]
Bron
wysigVerwysings
wysig- ↑ "Ivan Mitford-Barberton, teacher of art at the Michaelis School of Art in Cape Town and sculptor of several monuments in South Africa". South African History Online (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2018. Besoek op 14 Januarie 2018.
- ↑ Naidoo, Romaana (13 September 2013). "Barberton glitters with more than just gold". Media Club South Africa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2014. Besoek op 3 Oktober 2014.
- ↑ "Hout Bay Pic of the Day 12/08/11". Hout Bay Organised. 12 Augustus 2011. Besoek op 3 Oktober 2014.
- ↑ "Peter Pan statue in Cape Town". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2014. Besoek op 4 Oktober 2014.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ivan Mitford-Barberton.