Gardiner se lys van tekens is 'n lys algemene Egiptiese hiërogliewe wat deur sir Alan Gardiner saamgestel is. Dit word beskou as 'n standaardverwysingswerk in die bestudering van antieke Egiptiese hiërogliewe.
Gardiner se lys bevat net die algemene vorms van Egiptiese hiërogliewe, maar hy sluit uitgebreide subkategorieë in asook beide vertikale en horisontale vorms vir baie hiërogliewe. Daar is ook groottevariasies.
Daar is nie kruisverwysings nie; sodra 'n teken gelys is, kan ander belangrike betekenisse misgekyk word. 'n Voorbeeld is G16, nbtỉ, die ideogram vir die Twee Vroue, die godin Wadjet as die kobra en Nekhbet as die wit aasvoël. Hulle is die bekermingsgode van aparte Egiptiese koninkryke wat saamgesmelt het om antieke Egipte te vorm. Die ideogram word net in die lys van voëls aangedui en nie in die lys van gode of reptiele nie.
56 tekens in Gardiner (1957:242-247), met A59 "man dreig met stok" wat ingevoeg is ná A25 "man slaan, met linkerhand wat agter sy rug hang", en twee variante A14* "bloed wat as byl vertolk word" van A14 "man met bloed wat uit sy kop stroom"; en A17* "kind sit met arms wat afhang" van A17 "kind sit met hand by mond".
Budge, sir E.A. Wallis, An Egyptian Hieroglyphic Dictionary, in Two Volumes, (Dover Publications, Inc. New York), c. 1920, Dover-uitgawe, c. 1978. Vol 1, pp. xcvii–cxlvii (97–147)
Gardiner, A.H., Catalogue of the Egyptian hieroglyphic printing type, from matrices owned and controlled by Dr. Alan (1928).
Gardiner, A.H., "Additions to the new hieroglyphic fount (1928)", The Journal of Egyptian Archaeology 15 (1929), p. 95.
Gardiner, A.H., "Additions to the new hieroglyphic fount (1931)", The Journal of Egyptian Archaeology 17 (1931), pp. 245–247.
Gardiner, A.H., Supplement to the catalogue of the Egyptian hieroglyphic printing type, showing acquisitions to December 1953 (1953).
Gardiner, A.H., Egyptian Grammar: Being an Introduction to the Study of Hieroglyphs. 3de uitg., Griffith Institute, Oxford, 1957 (pdf).
Wilkinson, Richard, Reading Egyptian Art, A Hieroglyphic Guide to Ancient Egyptian Painting and Sculpture, Richard H. Wilkinson, with 450 Illustrations, (Thames & Hudson Ltd, Londen), c 1992.