Gazania krebsiana
Die botterblom (Gazania krebsiana) - ook bekend as die Bruingousblom - is 'n meerjarige blomplant wat blom in die lente en somer. Die plant is 'n vinnige groeier en dra madeliefieblomme aan lang stele wat net in sonskyn oopgaan. Die blomme kom in baie kleure voor.[1]
Botterblom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Asterales |
Familie: | Asteraceae |
Genus: | Gazania |
Spesie: | G. krebsiana
|
Binomiale naam | |
Gazania krebsiana Less., (1832)
|
Die spesie kom in Angola, Botswana, Eswatini, Lesotho, Mosambiek, Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe voor.
Subspesies
wysigDie plant het drie subspesies:
- Gazania krebsiana subsp. arctotoides (Less.) Rössler
- Gazania krebsiana subsp. krebsiana
- Gazania krebsiana subsp. serrulata (DC.) Rössler
Verwysings
wysigBronne
wysig- Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 ISBN 978-1-86919-324-9
- Plants of the World Online
Wikimedia Commons bevat media in verband met Gazania krebsiana. |