Gebruiker:Wordscape/sources8
Hierdie is 'n onvolledige lys van mense wat dood is in sluipmoord-aanvalle, of wat vermoor is, in Afrika.
Sluipmoorde in Afrika
wysigSuid-Afrika
wysig- Shaka, (1828), koning van die Zoeloes, naby Stanger (nou KwaDukuza) deur sy broers Dingane en Umthlangana, met die hulp van Mbopa
- Umthlangana, (1828), Zoeloe prins, doodgesteek deur Dingane kort na Shaka se moord
- Dingane, (1840), koning van die Zoeloes, doodgesteek tydens ‘n militêre ekspedisie in die Hlatikhulu Woud deur Zulu Nyawo, Sambane en Nondawana
- Hendrik Verwoerd, (1966), Eersteminister van Suid-Afrika, gesteek in die parlement deur Dimitri Tsafendas
- Onkgopotse Tiro, (1974), Suid-Afrikaanse studenteleier
- Ruth First, (1982), anti-apartheid geleerde en vrou van die Kommuniste partyleier Joe Slovo, deur die SAP
- Vernon Nkadimeng, (1985), Suid-Afrikaanse dissident
- Dulcie September, (1988), hoof van die African National Congress in Parys, deur die Suid-Afrikaanse weermag sersant Joseph Klue
- David Webster, (1989), Sosiale antropoloog en anti-apartheid aktivis
- Chris Hani, (1993), leier van die Suif-Afrikaanse Kommuniste Party
- Johan Heyns, (1994), prominente leier van die Nederduitse Gereformeerde Kerk