KwaDukuza
KwaDukuza is 'n dorp in die ooste van Suid-Afrika, in KwaZulu-Natal. Die naam van die dorp was voorheen Stanger, maar is in 2006 amptelik gewysig na KwaDukuza.
KwaDukuza Stanger | |
---|---|
Stad | |
Gedenkteken vir Shaka in KwaDukuza | |
Koördinate: 29°20′00″S 31°17′30″O / 29.33333°S 31.29167°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Distrik | iLembe |
Munisipaliteit | KwaDukuza |
Stigting | 1825 as Dukuza, 1873 as Stanger[1] |
Oppervlak | |
• Totaal | 32,37 km2 (12,50 vk. myl) |
Bevolking (2011)[2] | |
• Totaal | 51 536 |
• Digtheid | 1 592/km2 (4 120/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0,7% |
• Indiërs/Asiërs | 43,7% |
• Bruin mense | 1,9% |
• Swart mense | 53,0% |
• Ander | 0,7% |
Taal (2011) | |
• Engels | 47,7% |
• Zoeloe | 46,1% |
• Xhosa | 1,4% |
• Ander | 4,8% |
Poskode (strate) | 4449 |
Poskode (posbusse) | 4450 |
Geskiedenis
wysigDie huidige dorp is in 1873 gestig en vernoem na William Stanger, die eerste landmeter-generaal van Natal.
Zoeloegeskiedenis
wysigDie dorp speel 'n belangrike rol in die Zoeloes se geskiedenis. Shaka, die groot krygerkoning het twee koninklike krale gebou het wat albei kwaBulawayo (die plek van die een wat vervolg is) genoem was. Hy het ook 'n hoofstad hier gebou wat hy kwaDukuza (plek van die verlorene) genoem het. Daar was ongeveer 2 000 tradisionele hutte in die hoofstad. Shaka is op 22 September 1828 vermoor deur sy twee halfbroers, Mhlangane en Dingane. Hy is hier begrawe en in 1932 het die Zoeloes 'n gedenkteken vir hom opgerig. Die Zoeloes vier jaarliks op 24 September Shakadag.
Distrik
wysigDie dorp is 'n kommersiële sentrum vir een van die grootste suikerplantasies in die land.
Susterstede
wysig- Swakopmund, Namibië, sedert 2013.[3]
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "KwaDUKUZA / STANGER – A History" (in Engels). sahistory.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2011. Besoek op 31 Augustus 2009.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 "Hoofplek KwaDukuza". Sensus 2011.
- ↑ "Neue Städtepartnerschaft mit KwaDukuza" (in Duits). Allgemeine Zeitung. 13 Maart 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 September 2015. Besoek op 14 Maart 2014.