Hendrik Pretorius (onderwerp) ,
Riaan Cruywagen en Antoinette van Niekerk
(Ankers). (29).
Hendrik Pretorius/Nuus:Netwerk (Dokumentêr) [Television]. Johannesburg, Suid-Afrika:
South African Broadcasting Corporation. URL besoek op Augustus 29, 1990.
SABC:1990: 5387. "Programaanhalings sluit in:
Pretorius stel onder andere:
- Die NG Kerk is aandadig aan die grootskaalse onreg wat in die Suid-Afrikaanse samelewing teen gays gepleeg word;
- Die kerk het nie die reg om te beslis oor die heil van die gay voor God nie;
- In die Kerk word gays regte ontsê;
- Uitleg van Bybeltekste met betrekking tot homoseksualiteit toon dat gay-wees nie sonde is nie.
Dr. Willie Borha van die NG Kerk: “Waaroor ons baie bekommerd is, is die aktiewe propagering van 'n gay lewenstyl, asof dit goed, normaal en reg is.”
Pretorius eis onder andere:
- die afskaffing van bestaande wetgewing teen homoseksualisme;
- die vooruitsig om regte van homoseksuele in 'n nuwe grondwet ingeskryf te kry;
- die skraping van artikel 14b (23 van 1957) van wet op seksuele misdrywe gewysig te kry: "...onwettig vir 'n man om enige seksuele daad met 'n seun onder die ouderdom van 19 jaar te pleeg";
- beywer hom vir die aanvaarding van praktiserende gays as volle lidmate van kerke."